WOW-Spel Kringkompetisie. Jong taalmeesters van Laerskool Oranje‑Noord het onlangs hul vaardigheid bewys tydens die eerste rondte van die WOW-spel Kringkompetisie. Die Gr. 1 tot 3‑deelnemers het deurgedring na die volgende fase.
Die Rooibye het met toewyding en ’n liefde vir taal gewys dat harde werk ’n wenresep is.
Uitslae:
- Graad 1: Eerste Amelie Myburgh, tweede Mariné Pool, derde Stiaan Terblanche
- Graad 2: Eerste Maria Oelofse, tweede Jano de Klerk, sewende Marelé Janse van Rensburg
- Graad 3: Eerste SW Benade, tweede Pearla Mouton, negende Reinhardt Huyser
Die skoolgemeenskap wens elke deelnemer geluk en wens hulle sterkte toe vir Rondte twee van die kompetisie.
https://www.oranjenoord.co.za/
Foto verskaf






