Blou Bulle o.12A-Rugbyspan - Stian Boshoff maak sy merk
Stian Boshoff (Foto verskaf)

Blou Bulle o.12A-Rugbyspan – Stian Boshoff maak sy merk


Blou Bulle o.12A-Rugbyspan. Laerskool Wierdapark in Pretoria vier met trots die uitstaande prestasies van Stian Boshoff, ’n jong rugbyspeler wat sy merk op die veld gemaak het.

Stian is onlangs gekies as lid van die Blou Bulle o.12A-rugbyspan, ’n bewys van sy talent en toewyding. Gedurende die vakansie het hy saam met sy span hul krag ten toon gestel deur die Interprovinsiale Toernooi te wen. Dit is ’n prestasie wat hul naam in die jong rugbygeskiedenis gevestig het.

Daarby is Stian ook verkies tot die Blou Bulle o.12A Rugby Sewes-span, wat sy veelsydigheid en vaardigheid verder beklemtoon. Sy harde werk, passie en volgehoue toewyding dien as inspirasie vir sy skool, spanmaats en gemeenskap.

Laerskool Wierdapark het hul trots uitgespreek en glo dat Stiaan se reis nog net begin het. Met die Wierie-gees agter hom, word groot verwagtinge gekoester vir sy toekomstige rugbyloopbaan.

https:/laerskoolwierdapark.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article