Mede-Blou Bul-Stadsbekerwenners 2026 - Laerskool Wierdapark
o.9A-rugbyspan van Laerskool Wierdapark (Foto verskaf)

Mede-Blou Bul-Stadsbekerwenners 2026 – Laerskool Wierdapark


Mede-Blou Bul-Stadsbekerwenners 2026. Baie geluk aan die o.9A-rugbyspan van Laerskool Wierdapark wat met trots as mede-Blou Bul-Stadsbekerwenners gekroon is! In ’n spannende eindstryd wat 7–7 geëindig het, deel hulle die ligatrofee saam met Laerskool Garsfontein.

Hierdie prestasie is die vrug van toewyding, harde werk, spanwerk en deursettingsvermoë deur die hele seisoen. Julle het ware sportmanskap getoon en die Wierie-gees met trots verteenwoordig. Laerskool Wierdapark is ongelooflik trots op elke speler!

’n Spesiale woord van dank aan afrigters Gavin Bailey en Philip Loots vir hul leiding en ondersteuning. Hulle belegging in hierdie jong spelers het ’n groot rol gespeel in hul sukses en groei.

“Geniet hierdie welverdiende prestasie, kampioene! Julle is ’n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap.”

https://laerskoolwierdapark.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article