Hoërskool Eldoraigne se harte klop vol trots vir Annabelle Langerman, ’n Graad 12-leerder, is gekies om deel te wees van die Suid-Afrikaanse dansspan. Sy gaan hierdie vakansie ons land verteenwoordig by die Dance World Cup in Ierland – ’n wêreldverhoog waar talent en passie saamkom.
Annabelle Langerman dans in die HipHop-groepafdeling, ’n merkwaardige prestasie wat haar toewyding, talent en harde werk weerspieël.
Baie geluk, Annabelle! Hoërskool Eldoraigne wens jou en jou span alle sterkte toe. Mag hierdie reis ’n ongelooflike ervaring wees en mag julle Suid-Afrika met trots en glans verteenwoordig.






