Nasionale Perdesport-kampioenskappe. Hoërskool Eldoraigne vier met trots die uitsonderlike prestasie van hul ruiters. Sewe leerders is gekies om Gauteng se kleure te dra by die Nasionale Perdesport-Kampioenskappe van 24 tot 27 September.

Die span bestaan uit:

  • Jani de Beer
  • Marné Grobler
  • Elsabé de Lange
  • Mi-Ann van Zyl
  • Deonné Edwards
  • Lianka Grobler
  • Logan Hoek
Nasionale Perdesport-Kampioenskappe - Eldoraigne ruiters presteer

Elke naam op hierdie lys vertel ’n verhaal van toewyding, vasbyt en ure se oefening. Hierdie ruiters het bewys dat harde werk vrugte afwerp. Die skoolgemeenskap is oortuig dat hierdié ruiters Gauteng én Hoërskool Eldoraigne met trots gaan verteenwoordig.

“Baie geluk met hierdie merkwaardige prestasie! Ons wens die span alle sukses toe met die voorbereiding en glo dat hulle by die kampioenskappe ’n blink voorbeeld van sportmanskap en deursettingsvermoë sal wees.”

https://www.hseldo.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article