Allegretto Eisteddfod. Laerskool Truida Kestell se seniorkoor het ’n merkwaardige prestasie behaal. Hulle het deelgeneem aan die eerste rondte van die Allegretto Eisteddfod. Die koor het deurgedring na die tweede rondte van die nasionale kompetisie. Bo en behalwe dit behaal hulle ook die hoogste punt, van altesaam 60 deelnemende kore in die land.
Hierdie uitsonderlike prestasie getuig van die koor se toewyding en musikale gehalte onder die bekwame leiding van hul koorafrigter, mev. Bernette Erasmus.

Die skoolgemeenskap spreek groot trots uit oor die koor se sukses en sien met verwagting uit na hul deelname in die volgende rondte van die kompetisie.







You must be logged in to post a comment.