Dance World Cup - Hoërskool Waterkloof verteenwoordig SA
Die span wat op pad is na die Dance World Cup is: Joshua Grove, Kaelyn Taljaard, Denay Welgemoed en hul afrigter, Taylor van Rooyen. (Foto verskaf)

Dance World Cup – Hoërskool Waterkloof verteenwoordig SA

Dance World Cup - Hoërskool Waterkloof verteenwoordig SA
Die span wat op pad is na die Dance World Cup is: Joshua Grove, Kaelyn Taljaard, Denay Welgemoed en hul afrigter, Taylor van Rooyen. (Foto verskaf)

Dance World Cup. Hoërskool Waterkloof se Dansakademie gaan binnekort die wêreld verower! Drie talentvolle dansers is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die gesogte Dance World Cup.Dit vind plaas van 8 tot 18 Julie in Dublin, Ierland.

Die span bestaan uit Joshua Grove (Graad 8), Kaelyn Taljaard (Graad 8), Denay Welgemoed (Graad 9) en hul toegewyde afrigter, Taylor van Rooyen. Hulle vertrek op 5 Julie na Dublin waar hulle in vyf verskillende dansstyle gaan deelneem. Die span sal hul talent in beide groep- en solo-items ten toon stel.

Met sowat 11 500 dansers uit 60 lande wat vanjaar deelneem, is die Dance World Cup een van die grootste en mees gesogte internasionale dansbyeenkomste. Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir die Klofies om hul vaardighede op ’n wêreldverhoog te wys.

“Ons harte klop vol trots vir hierdie besonderse prestasie. Die hele Waterkloof-gemeenskap wens ons dansers alle sterkte toe, mag julle ervaring in Ierland onvergeetlik wees. Gaan verteenwoordig Suid-Afrika met glans!”

https://klofies.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article