George se Kwaggas blink uit in Nasionale Geografie-olimpiade!
Dertien leerders van graad 10 tot 12 het met trots aan die jaarlikse Senior Suider-Afrika Nasionale Geografie-olimpiade deelgeneem. Drie van Outeniqua sterleerders het deurgedring na die tweede rondte om mee te ding vir die top posisies in die land.
- Reé Fourie (Gr. 11, Foto 1) – 3de plek algeheel, Top Gr. 11 leerder én Top presteerder in die Wes-Kaap
- Darius Schultz (Gr. 11, Foto 2) – 4de plek algeheel én Top seuns leerder
- Elijah Schoeman (Gr. 12, Foto 3) – 15de plek algeheel
Dit is egter nie die einde van die Kwaggas se vreugde nie! Verder het Hoërskool Outeniqua self ’n tweede plek behaal in Kwintiel 4/5 skole sowel as tweede plek algeheel vir deelnemende Staatskole – ’n merkwaardige prestasie wat hul trots laat bruis!
Uitsonderlike Prestasies
- Reé Fourie – 3de plek
- Darius Schultz – 4de plek
- Elijah Schoeman – 15de plek
- Emily Marks – Top 5% van deelnemers
- Jacin Louw – Top 5% van deelnemers
- Waldo Labuschagne – Top 5% van deelnemers
- Jade Muller – Top 10% van deelnemers
- Damiann Esterhuyse – Deelname
- Devilliers Lamprecht – Deelname
- Donovan Coertze – Deelname
- Keevan Lindoor – Deelname
- Michael Meintjies – Deelname
- Rubin Barnard – Deelname

Baie geluk, Kwaggas! Julle het met kennis, toewyding en deursettingsvermoë die gees van uitnemendheid bevestig. Julle maak Hoërskool Outeniqua en die George-gemeenskap ongelooflik trots.







You must be logged in to post a comment.