Kwaggas blink uit by Wes-Kaap Kortbad Swem Kampioenskappe
Die Kwaggas het met hul sterk vertonings die seisoen op ’n hoë noot afgeskop

Kwaggas blink uit by Wes-Kaap Kortbad Swem Kampioenskappe


Hoërskool Outeniqua, George – Drie van Kwaggas se talentvolle swemmers het van 16 tot 19 Julie 2026 aan die jaarlikse Wes-Kaap Kortbad Swemkampioenskappe by die Generations Swembad in Somerset-Wes deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer.

Veneske Steenkamp (Vroue 16 jaar en ouer) het in ses individuele items deelgeneem, vyf finale behaal en drie persoonlike beste tye geswem. Haar hoogtepunte sluit ’n sesde plek, twee sewende plekke en drie tiendes in.

Sian Kleynhans (Vroue 16 jaar en ouer) het in agt items deelgeneem en vier finale behaal. Sy het twee silwer medaljes verower, tesame met twee persoonlike beste tye. Verdere uitslae sluit ’n vyfde plek, asook posisies tussen 15de en 25ste in.

Mianè Cronje (14–15 jaar) het in agt items deelgeneem en drie finale behaal. Sy het ’n indrukwekkende sewe persoonlike beste tye geswem en ’n vierde, vyfde en sewende plek verwerf, met verskeie ander top-20 posisies.

Hierdie Kwaggas het met hul sterk vertonings die seisoen op ’n hoë noot afgeskop. Die skool is trots op hul toewyding, harde werk en sportmanskap. Baie geluk aan Veneske, Sian en Mianè – julle het die Outeniqua-naam met trots gedra!

https://www.outeniqua.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article