Skyfskiet Streekkompetisie - Hoërskool Piet Retief se skuts skitter
Hoërskool Piet Retief se Skuts

Skyfskiet Streekkompetisie – Hoërskool Piet Retief se skuts skitter


Skyfskiet Streekkompetisie. Die jong skuts van Hoërskool Piet Retief het die afgelope naweek hul akkuraatheid en talent ten toon gestel tydens die Ermelo sesde Skyfskiet streekkompetisie. Dit is aangebied in Middelburg. Hierdie kompetisie vorm deel van ’n reeks van ses ligawedstryde. Om ranglyste en kwalifikasie vir die finaal te bepaal word die beste drie tellings van die ses ligawedstryde gebruik. Die “sesde” dui dus eenvoudig aan dat dit die sesde rondte van die seisoen was.

Die uitslae was as volg:

o.16-afdeling

  • Matthew Meier het ’n puik vyfde plek uit 30 deelnemers behaal.
  • Janco Uys het sterk geskiet en 12de uit 30 geëindig.

o.14-afdeling

  • Madri Grey het haar merk gemaak met ’n vyfde plek uit 20 deelnemers.

Die span se fokus verskuif nou na die Streekfinaal, wat môre, 1 Augustus, weer in Middelburg plaasvind. Ondersteuners hou styf duimvas dat die HPR-skuts hul mik akkuraat sal hou en hul plekke in die Mpumalanga Finaal verseker.

https://www.hsprweb.com/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article