Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch bevestig hul bergfiets‑meesterskap: ná die vierde Wes‑Kaap Skole MTB-resies lei hulle steeds die Top Schools Girls/Women-ranglys en beklee ’n indrukwekkende vierde plek op die All Stars‑ranglys.

Hoogtepunte van Malmesbury-resies (22 Aug)

  • Junior 18 Women: Isabel Lutz – 3de; Mia Gerber – 5de
  • Youth 16 Women: Lara van der Vyver – 1ste; Klara du Plessis – 4de
  • Youth 15 Women: Kara Boonzaier – 12de; Mienke Kotze – 16de

Isabel Lutz (gr. 12) en Lara van der Vyver (gr. 10) dra steeds die gesogte leaders jersey in hul ouderdomsgroepe – ’n bewys van konstante uitnemendheid.

Bloemhof MTB-span hou die voorste posisie
Bloemhof MTB-span hou die voorste posisie

Die span kyk nou vooruit na die laaste resies op 5 September by Bloemendal, met die doel om vir die Nasionale Skole MTB-kompetisie op 3 Oktober by Coetzenburg te kwalifiseer. Sterkte aan ons Bloemhoffers vir die finale skof!

https://hmsbloemhof.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article