Bloemhof MTB-span kroon Wes-Kaap seisoen
Bloemhof MTB-span op Top Schools High School Girls-ranglys

Bloemhof MTB-span kroon Wes-Kaap seisoen


Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch het die 2026 Wes-Kaap Skole-MTB-seisoen afgesluit as kampioene van die Top Schools High School Girls-ranglys. Die Bloemhof MTB-span het ’n indrukwekkende vierde plek op die All Stars-ranglys behaal.

Hoogtepunte van Bloemendal-resies (5 Sept)

  • Junior 18 Women: Isabel Lutz (Gr. 12) – 1ste
  • Youth 16 Women: Lara van der Vyver (Gr. 10) – 1ste; Klara du Plessis – 5de
  • Youth 15 Women: Mienke Kotze – 6de; Emma Murray – 11de; Kara Boonzaier – 12de

Bloemhof MTB-span se Isabel Lutz en Lara van der Vyver het hul seisoen afgesluit as trotse “leaders jersey”-draers in hul ouderdomsgroepe. Dit is ’n bewys van hul konstante uitnemendheid.

Die top vyf Bloemhof-ryers – Isabel Lutz, Lara van der Vyver, Klara du Plessis, Abigail Keuler en Mienke Kotze – is gekies om die skool te verteenwoordig by die Skole Fietsry SA Nasionale 2026-kompetisie op 2 Oktober by Coetzenburg. Isabel en Lara sal die Wes-Kaap ook op 3 Oktober verteenwoordig.

Die Bloemhoffers sien met groot opgewondenheid uit na die nasionale kompetisie!

https://hmsbloemhof.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article