Laerskool Hendrik Louw, Strand, Wes-Kaap, is trots om aan te kondig dat Linja Erasmus (o.12) die afgelope naweek aan die gesogte SA Meesters Tennistoernooi deelgeneem het. Slegs die top agt spelers in elke ouderdomsgroep word na hierdie toernooi genooi. Dit is ’n bewys van Linja se uitmuntende talent en harde werk.
Linja het met groot vasberadenheid en vaardigheid gespeel en daarin geslaag om haar plek in die finaal te verseker. Ongelukkig het ongunstige weerstoestande veroorsaak dat die eindstryd nie voltooi kon word nie.
Die skoolgemeenskap is egter ongelooflik trots op Linja Erasmus se prestasie en die wyse waarop sy die Strand en die Wes-Kaap met trots verteenwoordig het. Hierdie prestasie bevestig haar as een van die land se voorste jong tennissterre.
Foto verskaf






