MTB XCO Series - Hoër Meisieskool Bloemhof leerder presteer
MTB XCO Series – Hoër Meisieskool Bloemhof leerder presteer

MTB XCO Series – Hoër Meisieskool Bloemhof leerder presteer


MTB XCO Series. Lara van der Vyver van Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, het gedurende die skoolvakansie aan die MTB XCO Series in Knysna deelgeneem. Sy het baie goed presteer en ‘n algehele derde plek behaal.

Hierdie fantastiese prestasie het nie sonder uitdagings gekom nie! Lara was die voorloper tot haar fiets se velling in die tweede-laaste rondte gebreek het en sy dit eers moes vervang. Sy kon gelukkig inhaal om derde te eindig.

Haar volgende resies is by die Nasionale MTB byeenkoms wat 25 April in Johannesburg plaasvind.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.bloemhofschool.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article