Op 15 Augustus 2026 het drie talentvolle spelers van Jim Fouché Primêr Bloemfontein, aan die WolfPack Tennistoernooi deelgeneem. Met 39 deelnemers uit die stad was die kompetisie intens, maar ons leerders het met trots en vasberadenheid hul skool verteenwoordig.
- Menienke van der Merwe eindig 7de en wen al haar vier wedstryde met ’n indrukwekkende 5–0, plus nog ’n ekstra wedstryd in die uitspeelronde.
- Lukas Rossouw behaal 8ste plek en wen vier van sy wedstryde.
- Rocco Erasmus eindig 16de plek en wen ook vier wedstryde.
Hierdie prestasies het hul plek in die Mangaung-toernooispan verseker, waar hulle môre teen Xariep gaan meeding. JF is ongelooflik trots op julle – hou so aan!
Foto’s verskaf






