Milnerton Rugby
Die Hoerskool Milnerton vier hul sege.

Milnerton kraai koning by jaarlikse Sarel Burger-sewesreeks


Die Hoërskool Milnerton het vanjaar weggestap met die louere by die jaarlikse Sarel Burger o.19 Sewesreeks. Die rugby-kompetisie is onlangs by die Kraaifontein-rugbyklub gehou.

Die hoërskole wat daaraan deelgeneem het sluit in Bellville, Monument Park, Curro Durbanville, Edgemead, DF Akademie, De Kuilen, Scottsville, Tygerberg, Masibambane, Melkbosstrand, Bosmansdam, Durbanville, HTS Bellville, Montana, Elsiesrivier en Milnerton.

Stokkies Truter, organiseerder, sê 16 skole het deelgeneem. Milnerton het die trofee vir die derde jaar in ‘n ry gewen deur Bellville in die eindstryd te klop met 27-5.

Wenners

Monument Park is as die Plaat-wenners aangewys nadat hulle HTS Bellville geklop het. Melkbosstrand is die Skild-wenners ná hul oorwinning teen DF Akademie, terwyl Scotsville as die Bowl-wenners weggestap het ná hul oorwinning teen Masibambane.

Truter sê vanjaar is die 56ste jaar dat die Sewes aangebied is wat wyle Sarel Burger, ‘n oud-joernalis en sportafrigter, begin het.

Hy het die borge, King Cars, OK Minimarket Brightonweg, Landry Ambulance Services en Offside Sport bedank vir hul ondersteuning.

Ondersteuning

“Al die wedstryde is in ‘n goeie gees gespeel.
“Die wedstryde was aanskoulike sewes-rugby en daar is ‘n paar prag drieë gedruk. Die mooi weer het bygedra tot ‘n fantastiese atmosfeer met ouers en ondersteuners van die seuns wat van langs die kantlyn af aangemoedig het,” sê hy.

Truter sê die terugvoer van die skole was baie positief.

Die geleentheid is Woensdag 26 Augustus gehou.

LEES OOK: Die Bomb Squad gaan nie sommer inplof nie

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article