Steven Kitshoff met sy bier wat na die Bomb Squad vernoem is.
Steven Kitshoff met sy bier wat na die Bomb Squad vernoem is.

Die Bomb Squad gaan nie sommer inplof nie


Steven Kitshoff, een van die oorspronklike lede van die Springbokke se veelgeroemde Bomb Squad sê die konsep is nog ver van uitgedien.

Kitshoff, afgetrede stut van die Bokke het tydens ‘n ontbytgesprek, wat deur Three Cube Management gereël is, by TygerVallei-winkelsentrum gepraat. Kitshoff, Bakkies Botha en die legendariese All Black Andrew Merhtens was in gesprek met Breyton Paulse.

Idee van Bomb Squad

Die Bomb Squad-idee het in die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus-era, pos gevat met al ses voorspelerplaasvervangers wat gelyktydig op die veld gestuur word. Die idee spruit daaruit dat die Bomb Squad enige foute op die veld ongedaan moet gaan maak en sedert die 2019-wêreldbekertoernooi was dit so suksesvol dat ander spanne dit selfs begin nadoen het.

Verlede week, in ‘n nederlaag van 33-16 teen die Bokke se aardsvyande, die All Blacks, kon die gevreesde Bomb Squad uiteindelik nie die kastaaiings uit die vuur krap nie. En toe is sosiale media oorval met leenstoelkenners wat meen die konsep het sy dae gehad.

Nie so haastig nie, sê Kitshoff. “Dit was jammer om Kurt-Lee Arendse so vroeg (in verlede week se wedstryd op Ellis Park) te verloor en dan André Esterhuizen so vroeg op die veld te sien. Ek dink nie die Bomb Squad idee is weg nie, want baie spanne probeer dieselfde idee inbring. As daar nie beserings is nie, sien ons dalk ‘n volle ses ouens op een slag eerskomende Saterdag. Dan maak dit ‘n groter verskil en groter impak, soos Erasmus dit aanvanklik beplan het,” sê Kitshoff.

Bongi Mbonambi

In Suid-Afrika word daar baie gespog dat die kwaliteit van die beginspan en die van die plaasvervangers dieselfde is, maar kritici sê dit is nie meer die geval nie. Wat dink Kitshoff? “Miskien op haker is daar ‘n probleem, want Bongi Mbonambi is nog nie fiks nie. Daar word baie van Malcolm Marx verwag om vir 80 minute te speel. Op los-en vaskopstut is daar nie ‘n groot verskil in kwaliteit nie,” sê hy.

LEES OOK: Cheslin Kolbe verras die Brakkies met ‘n besoek

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article