UWK
Adv. Adila Hassim SC

UWK ken eredoktersgrade aan sewe vooraanstaande persone toe


Die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK) vereer vandeesweek sewe vooraanstaande individue met eredoktersgrade.

Die seremonie vind Vrydagaand 28 Augustus by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine plaas. Die ontvangers van die eredoktersgraad vir 2025’26, waaronder ses vroue en een man, kom uit verskillende oorde, insluitende die regte, politiek, akademie, menseregte- opvoedkundige- en sosiale aktivisme.

Eredoktersgrade gaan toegeken word aan adv. Adila Hassim SC, dr. Naledi Pandor, Mary Robinson, prof. Loyiso Nongxa, Francesca Albanese, sowel as postuum aan Charlotte Maxeke en Mandisa Monakali.

Hassim, ‘n menseregteadvokaat, dien tans as ‘n getuienisaanvoerder in die Madlanga-kommissie. Sy is ook die mede-stigter van Section27.

UWK
Dr. Naledi Pandor

Pandor, ‘n opvoeder, parlementslid en diplomaat, is die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking; Robinson is die voormalige én eerste vroue-president van Ierland; Nongxa is ‘n wiskundige, akademikus, en voormalige visie-kanselier by Wits Universiteit; en Albenese ‘n internasionaal-erkende regsgeleerde.

Beide Maxeke en Monakali was aktiviste. Maxeke, ‘n opvoeder, was ook die stigter van die Bantu Women’s League, terwyl Monakali, wat haar aan vroue- en kinderregte toegewy het, die stigter van Ilitha Labantu was.

Die UWK sê dit ken sedert 1983 eredoktersgrade toe aan individue wie se lewens die land en wêreld verryk het. Ander voormalige ontvangers van dié grade sluit in voormalige staatspresident Nelson Mandela, Rhoda Kadalie, Arthur Chaskalson en Abdullah Ibrahim.

Die eredoktersgraad-toekenning vorm deel van Vrouemaand-feesvieringe in Augustus.

LEES OOK: It takes courage to be a woman and an entrepreur

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article