o.11 Eversdal vs Gene Louw
o.11 Rugby Eversdal vs Gene Louw

FOTO’S: Laerskool Mikro Elto Towers-sportdag in Kuilsrivier


Meer as 20 laerskole het Saterdag (5 September) aan die Laerskool Mikro se Elto Towers-sportdag in Kuilsrivier deelgeneem.
Die leerders het mekaar die stryd in hokkie, netbal en rugby aangesê.
Slegs o.12-spanne (met vyf spelers elk) het aan die hokkie deelgeneem. Die Laerskool Mikro se seuns en die Laerskool Bastion se meisies was die trofeewenners.

By die netbal was die wenners en naaswenners (in hakies) in die plaatkompetisie soos volg: o.10: Gene Louw (Swartland); o.11: Eikestad (Stellenbosch); o.12: Eikestad (Kenridge) en o.13: Gene Louw (Kenridge).
Die trofeekompetisiewenners (en naaswenners) was: o.10: Eversdal (Kenridge); o.11: Gene Louw (Bastion); o.12: Gene Louw (Bastion) en o.13: Eikestad (Mikro).

Die plaatkompetisiewenners by die rugby was: o.10: Eversdal (Swartland); o.11: Eversdal (Durbanville) en o.13: Gene Louw (Stellenbosch).
In die trofeekompetisie was dit: o.10: Durbanville (Eikestad), o.11: Eikestad (Gene Louw) en o.13: Eikestad (Liebenberg).
Die borge wat die dag moontlik gemaak het, is Elto Towers, RSD Rugby, Group 1 Auto, Food Lover’s, Living Ball en Must Be Nice Clothing.

Gallerye

Foto’s Carina Roux

Hokkie

Netbal

Rugby o.11

o.13 Rugby

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article