Bergsig Akademie, Rustenburg – Die o/15- en o/17-netbalmeisies het die Fast5-seisoen op ’n uitmuntende wyse afgeskop en onoorwonne uit die toernooi getree. In uitmergelende, warm toestande het beide spanne hul karakter en vasberadenheid ten toon gestel en met kampioenskapstitels beloon is.
o.15-span
Die jong span het van die staanspoor af hul oorheersing gewys met groot oorwinnings in die poelwedstryde, insluitend ’n 32-2 sege oor Grenville 2 en ’n 19-0 triomf teen HTS Klerksdorp. Hulle het eerste in die poel geëindig, Grenville 1 met 32-11 in die semi-finaal geklop en in ’n naelbyt-finaal teen KHS met 21-19 as kampioene gekroon.
o.17-span
Die o/17-meisies het ’n kliniese vertoning gelewer en hul teenstanders met soliede verdediging en vinnige aanvalle oorweldig. Hoogtepunte sluit ’n 36-7 oorwinning teen WHS 2 en ’n 29-5 semi-finaal teen Wollies in. In die eindstryd het hulle die gasheer, Lichtenburg, met 19-7 verslaan om die goue medalje huis toe te bring.
’n Spesiale gelukwensing aan Simphiwe Nocuze, wat aangewys is as die Beste Aanvallende Speler van die Toernooi in die o.17-ouderdomsgroep. Bergsig is ongelooflik trots op jou, Simphiwe!

https://www.bergsigacademy.net/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.