Wes-Kaap Gimnastiekkampioenskappe. Lume de Koker van die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem. Sy het haar talente daar ten toon gestel.

Lume het met uitstaande vaardigheid en deursettingsvermoë ’n goue medalje sowel as ’n bronsmedalje verower. Dit is ’n prestasie wat haar plek onder die provinsie se top-gimnaste bevestig. Hierdie dubbele podiumplek is ’n bewys van haar harde werk, dissipline en passie vir die sport.

Asof dit nie genoeg is nie, het sy ook die besondere eer ontvang om verkies te word vir die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe. Dit sal plaasvind vanaf 24 tot 27 September in Kaapstad. Hierdie uitnodiging bied aan haar die geleentheid om haar talent op die nasionale verhoog te wys en teen die land se beste gimnaste mee te ding.

Die skoolgemeenskap, afrigters en medeleerders is uiters trots op Lume se prestasie. Haar sukses dien as inspirasie vir jong gimnaste en toon dat toewyding en vasberadenheid tot groot hoogtes kan lei.

“Baie geluk, Lume! Ons hou duim vas dat jy by die Nasionale Kampioenskappe jou beste sal gee en die naam van Langenhoven Gimnasium met trots sal uitdra.”

https://langenhovengim.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article