Wat ’n ongelooflike naweek van netbal vir die Rusties! By die Fast5-toernooi, aangebied deur Hoërskool Bergsig, het beide die o.15- en o.17-spanne hul vasberadenheid en spangees ten toon gestel en met goud beloon is.
o.17-span
Hoërskool Rustenburg se o.17-span het hul veldtog met ’n gelykopuitslag teen Volkies (16-16) begin. Daarna het hulle Lebone met 40-7 geklop. In die uitspeelrondes het hulle Brits met 37-5 in die kwartfinaal en Potch Gim met 28-26 in die semifinaal verslaan. In die eindstryd het die Rusties hul krag gewys en Volkies met 23-11 afgestof om as kampioene gekroon te word.
o.15-span
Die jong span het van die staanspoor af oorheers met ’n 29-6 sege oor Lighthouse en ’n 23-13 oorwinning teen Lichtenburg. In die kwartfinaal het hulle KHS met 20-8 geklop, Bergsig met 22-14 in die semi-finaal verslaan en uiteindelik Potch Volkies met 30-17 in die eindstryd oorweldig om die goue medalje te verower.
Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie uitmuntende vertoning. Julle harde werk, toewyding en spangees het duidelik op die baan uitgestraal. Hoërskool Rustenburg is ongelooflik trots op julle prestasie en hierdie historiese dubbelkampioenskap.

Foto verskaf







You must be logged in to post a comment.