Bethlehem Voortrekker Hoërskool het van 3–5 September 2026 met ses spanne aan die gesogte jaarlikse Limodo Tennistoernooi deelgeneem. Drie meisiespanne en drie seunsspanne het met trots die skool verteenwoordig.
Ons eerste meisiespan het in die hoogs kompeterende A‑afdeling briljant gevaar. Die span het as bronsmedaljewenners geëindig, met oorwinnings teen vyf van ses skole. ’n Prestasie wat hul toewyding, harde werk en spanpoging beklemtoon.
Die eerste seunsspan het in ’n sterk A‑afdeling meegeding en ’n 7de plek behaal. Die span het met waardevolle ervaring en volgehoue goeie spel teen top-teenstanders meegeding.
In die meisies B‑afdeling, waar 18 spanne ingeskryf was, het BVHS se tweede span ’n puik 7de plek behaal. Die derde span het met trots 13de geëindig.
Die tweede seunsspan het ’n uitmuntende Limodo Tennistoernooi beleef en ’n 4de plek verower, terwyl die derde seunsspan hul beste gelewer het en die toernooi in die 18de plek afgesluit het.











Baie geluk aan al ses spanne – julle sportmangees, deursettingsvermoë en harde werk maak Voortrekker ongelooflik trots! ’n Spesiale dank aan spelers, afrigters, ouers en ondersteuners wat hierdie Limodo 2026 onvergeetlik gemaak het.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.