PnP Goue Beker-rugbykampioenskap skop af; Saldanhabaai pak Evergreens

Die PnP Goue Beker-klubrugbytoernooi skop amptelik op Saterdag 26 September af.
Die PnP Goue Beker-klubrugbytoernooi skop amptelik op Saterdag 26 September af.

PnP Goue Beker-rugbykampioenskap skop af; Saldanhabaai pak Evergreens


KAAPSTAD – Die PnP Goue Beker-klubrugbytoernooi skop amptelik op Saterdag 26 September af.

Die klub-uitklopkompetisie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gaan weereens ondersteuners regoor die land na die 32 top-rugbyspanne van die land lok.

Die openingsronde skop af met die verdedigende kampioene, die Sanlam Naka Bulls, wat SK Walmers van Kaapstad tuis onthaal. Dit behoort ‘n klipharde stryd tussen die twee spanne te wees, nadat hulle mekaar vroeër jaar in die Saldanha Super 8 Paasnaweek-rugbytoernooi ontmoet het. Naka Bulls het dié stryd met 28-24 gewen.

Saldanhabaai-rugbyklub speel gasheer vir Evergreens van die SWD Arende en dit beloof ook ‘n opwindende wedstryd tussen die twee Wes-Kaap-spanne. Saldanhabaai het in 2023 vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem. Nadat hulle Ncera Leopards met 62–33 geklop het in die eerste ronde en deurgedring het na ronde 16, is hulle in ‘n klipharde stryd deur College Rovers in Durban met 23–15 uitgeskakel.

De Boland Rugbyunie se tweede span in die kompetisie, Roses United, reis na Groot-Brak waar hulle die tuisspan in sy agterplaas pak. Vuurwerke gaan beslis spat tussen die twee buurspanne van die Boland en SWD.

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se kampioene, Villagers, meet kragte met Young Leopards van die Leopardsrugbyunie in Claremont, Kaapstad, terwyl Durb-Bell (Durbanville-Bellville), naaswenners van die WPRU, na Oos-London reis waar hulle die Oos-London Polisie aandurf.

Verlede jaar is duisende rugby ondersteuners gelok na die wedstryde wat oor vyf weke gestrek het, en hierdie jaar gaan dit beslis weer duisende ondersteuners lok na die 31 wedstryde wat vanaf 26 September tot 24 Oktober plaasvind.

Eerste ronde bepalings

Noord-streek

Naka Bulls t SK Walmers, Grizzlies t Bethlehem Oudskoliere, Northam Rhinos t Nelspruit, Randfontein t Brakpan, Northam Wolves t Sibanye Stilwater Warriors, Vereeniging t Pirates, White River t Louis Trichardt, Welkom t Centurion.

Suid-streek

Villager t Young Leopards, College Rovers t Kimberley, Gardens t Bloemfontein Collegians, Saldanha t Evergreens, Groot-Brak t Roses United, Bloemfontein Police t Harlequins,Sishen t Crusaders, East London Police t Durb-Bell (Durbanville-Bellville).

Die 16 wenners van Ronde 1 dring deur na die Ronde van 16, waarna die kwarteindstryde en halfeindstryde volg, met die eindstryd wat geskeduleer is vir 24 Oktober 2026.

Weslander Sport het hoofafrigter van Saldanhabaai, Danie De Villiers, genader vir sy mening van die PnP Goue Beker.

“Dit is vir ons ‘n groot eer en voorreg om deel van die Goue Beker te kan wees. Daar is ongelooflike trots daarin om ons gemeenskap en die Saldanhabaai-trui op hierdie vlak te verteenwoordig. Die Goue Beker gee ons die geleentheid om onsself teen van die beste klubspanne in die land te meet.

“Ons weet die standaard gaan hoog wees, maar dit is juis waarvoor ons as afrigters en spelers werk – om onsself teen die beste te toets en te sien waar ons staan. Maar vir ons gaan dit egter oor meer as net rugby. Dit gaan oor die Saldanhabaai-trui, ons klub, ons gemeenskap en die baie mense wat oor die jare ‘n rol gespeel het om Saldanhabaai-rugbyklub te bou. Ons gaan elke wedstryd met respek vir die opposisie aanpak, maar ook met groot geloof in onsself”.

“Ons wil hê mense moet na die Goue Beker kan sê: dit is hoe Saldanha rugby speel – met trots, passie, eenheid en ‘n hoë standaard,” het De Villiers afgesluit.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 17 September 2026
    Weslander E-Edition – 17 September 2026

Gift this article