Saldanhabaai bars deur Evergreens se verdediging. Foto: Noluvu Ludidi

Saldanhabaai rugbyklub wen net-net


SALDANHA – Die Saldanhabaai-rugbyklub het die afgelope Saterdag (26 September) vir Evergreens van Pacaltsdorp in ‘n PnP-Goue Beker-kragmeting op ‘n volgepakte Transnet Saldanha-stadion gepak.

Curt Smit, heelagter van Evergreens, het die wedstryd vir die besoekers begin. Die besoekers het vanuit die staanspoor gewys dat hulle vir besigheid gekom het en Saldanhabaai onder druk geplaas. Die wedstryd het teen ‘n vinnige pas begin, met die besoekers wat eerste bloed geruik het.

Smith het Evergreens se eerste punte ná net nege minute op die telbord geplaas toe hy ná goeie agterlynspel vir die besoekers deur die lyn breek, agter die pale gaan kuier en vir ‘n 7-0 voorsprong verdoel.

Dit het Saldanhabaai 17 mi- nute geneem voor hy die besoekers se houvas kon breek, toe Mckyle Hanse Saldanhabaai se eerste punte met ‘n drie op die telbord plaas. Ongelukkig was die doelskop onsuksesvol maar die telling het gekrimp tot 7-5 in Evergreens se guns.

Evergreens bly stuit Saldanhabaai

Die besoekers het seker gemaak dat Saldanha se balbesit swak was en die Weskussers nie hul normale spel kon speel nie. Evergreens het vinnig toegeslaan wanneer dit saak gemaak het. In die 22ste mi- nuut word Saldanhabaai boonop gestraf. Smith klits die strafskop oor, wat die besoekers se voorsprong tot 10-5 vergroot.

Terwyl die swaargewigte voorlangs onder mekaar die vonke laat spat, neem Evergreens besit af en voer sy agterlyn, wat tot die buitesenter,

Brandon-Lee Pondo, se drie in die 30ste minuut lei. Dit word deur Smith verdoel en stoot die telling tot 17-5 op.

Saldanhabaai herwin wel sy spelpyl en slaan in die 34ste minuut terug toe Brenvin Ma- rais ná goeie kombinasiespel ‘n drie druk om die telling 17-10 te maak. Feghon Snyders se poging pale toe was ongelukkig mis.

In die 36ste minuut maak Smith geen fout met ‘n strafskop teen Saldanhabaai binne trefafstand nie. Hy klits dit maklik oor, met die telling wat na 20-10 aanskuif.

Beide spanne val in die laaste vier minute van die eerste helfte aan, maar is onsuksesvol en gaan koel toe af.

Snyders skop die tweede helfte vir die tuisspan af.

Ná vyf minute breek Saldanhabaai deur Evergreens se vedediging en gaan druk, wat die telling tot 20-15 neem.

Ongelukkig is Wilton Hoogbaard se poging pale toe skeef.

Met versterkings aan die tuis- span gaan druk Klihan Valentyn in die 54ste minuut vir Saldanhabaai, terwyl Hoogbaard verdoel en Saldanhabaai loop vir die eerste keer in die wedstryd voor.

Sameul Greyling, Saldanha- baai se kaptein, het met sy vurige spel sy medespelers aangesteek en met die tuisskare se aanmoediging het die span al beter presteer.

‘Harde woorde’ in kleedkamer tydens rustyd

Dit was duidelik dat die hoof- afrigter, Danie de Villiers, se harde woorde in die kleedkamer ‘n uitwerking op die span gehad het. In die 55ste minuut ken die skeidsregter ‘n strafdrie aan die tuisspan toe, nadat Saldhabaai sy krag getoon het. Die span se voorsprong vergroot tot 29-20.

‘n Strafskop deur Smith in die 70ste minuut en ‘n drie deur Cheldon Erasmus in die 78ste minuut het Evergreens voor geplaas. Met het twee minute gewone speeltyd en bykomende speeltyd oor, het die tuisskare paniekerig geraak.

In die 84ste minuut is die besoekers vir omkantspel gestraf. Saldanhabaai se Hoogbaard het onder die druk kalm gebly en die bal sekuur deur die pale gejaag wat Saldanhabaai die wedstryd met 32-30 laat wen het.

Met die oorwining dring Saldanhabaai na die ronde van 16 deur. Die span sal nou die lang rit na Uitenhage moet aflê om Gardens in sy agterplaas te pak.

Wedstrydbepalings,

Saterdag 3 Oktober

Noord: Centurion t. Naka Bulle, Brakpan t. Witrivier, Northam Rhinos t. Northam Wolves, Vereeniging t. Randfontein.

Suid: Villagers t. Durbanville-Bellville, Roses United t. Bloemfontein Polisie, College Rovers t. Crusaders, Gardens t. Saldanhabaai.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article