Dit is al langer as ‘n week sedert Jan Lingenfelder se verdwyning buite Wellington, en hy is steeds nie gevind nie.

Die 55-jarige is op 28 September laas gesien toe hy ­om 16:30 van sy woning by Leeuwentuin-plaas op Bainskloofpas vir ‘n middag­stappie gegaan het, lui ‘n verklaring deur die Wellingtonse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Lingenfelder is sonder sy foon weg.

‘n Soek-en-reddingsoptrede is begin, maar Lingenfelder is nie opgespoor nie.

Dit is intussen bekendgemaak dat hy ‘n hartomleidingsoperasie in Desember 2025 ondergaan het.

By navraag vandeesweek het Thembakazi Mpendukana, ‘n woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap gesê daar was teen druktyd nog geen nuwe verwikkelinge in die saak nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article