'n Jong pa van Wellington se lyk is verlede Dinsdag (20 Oktober)in 'n vlak graf in Wellington gevind.
Louwen Ludick (24) se oorskot is verlede Dinsdag (20 Oktober) in ‘n vlak graf op ‘n plaas buite Wellington gevind. Foto: Verskaf.

Borgtog aansoek van Ludick-moordverdagtes uitgestel

'n Jong pa van Wellington se lyk is verlede Dinsdag (20 Oktober)in 'n vlak graf in Wellington gevind.
Louwen Ludick (24) se oorskot is verlede Dinsdag (20 Oktober) in ‘n vlak graf op ‘n plaas buite Wellington gevind. Foto: Verskaf.

Twee mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle Louwen Ludick (24) vermoor het, het Maandag (2 November) in die landdroshof in Wellington voorgekom en om borgtog aansoek gedoen.

Die saak is tot komende Maandag (9 November) vir verdere borgtogverrigtinge uitgestel.

Volgens Allison Adams, ‘n familiewoordvoerder, wag die familie steeds op DNS-toetsuitslae voordat Ludick begrawe kan word.

Ludick se oorskot is op Dinsdagmiddag 20 Oktober op die Mfoshola-plaas buite Wellington gevind nadat hy sedert 2 Oktober vermis was.

Die jong pa is laas lewend gesien toe hy sy babadogtertjie se verjaardag gevier het.

“Pappa sien jou later!” was sy laaste woorde aan sy dogtertjie voordat hy vertrek het. Daardie “later” het nooit gekom nie.

Volgens sers. Wesley Twigg, ‘n polisiewoordvoerder, is Ludick se oorskot omstreeks 18:57 op die 18de dag nadat hy vermis is, op die plaas gevind. Hy het beserings aan sy liggaam gehad en is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

Die polisie het ’n moordsaak aanhangig gemaak.

Adams het vroeër aan Paarl Post gesê Ludick se oorskot was reeds so erg ontbind dat DNS-toetse nodig was om sy identiteit amptelik te bevestig.

Intussen is ’n petisie om borgtog teen te staan, opgestel. Ludick se familie doen ’n beroep op die publiek om dit te ondersteun.

Volgens die petisie moet die erns van die moordbewerings, die veiligheid van die gemeenskap, die beskerming van getuies en die moontlikheid van inmenging met die ondersoek in ag geneem word.

Carla Galante Vontez, ’n voorstander van die LGBTQIA+-gemeenskap, het die petisie opgestel.

Die verdagtes bly in aanhouding.

Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Twee in hof ná oorskot van vermiste Paarlse pa op plaas gevind word

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article