Nabo Sokoyi gooi die bal vir een van die leerders tydens die sewe-minuut-fiksheids­uitdaging. Foto: Chantélle Hartebeest
Nabo Sokoyi gooi die bal vir een van die leerders tydens die sewe-minuut-fiksheids­uitdaging. Foto: Chantélle Hartebeest

Vier Blitsbokke kuier saam leerders by Paarlse skool

Nabo Sokoyi gooi die bal vir een van die leerders tydens die sewe-minuut-fiksheids­uitdaging. Foto: Chantélle Hartebeest
Nabo Sokoyi gooi die bal vir een van die leerders tydens die sewe-minuut-fiksheids­uitdaging. Foto: Chantélle Hartebeest

Rugbyspelers – seuns en meisies – van ­Paulus Joubert Sekondêre Skool het gister (Woensdag 7 Oktober) eerstehands ­kennis gemaak met die spoed en intensiteit van die Blitsbokke toe lede van die span by dié skool besoek afgelê het.

Die besoekende rugbyhelde het Selvyn Davids, Nabo Sokoyi, Jaden Nell en Grant de Jager ingesluit. Hulle is vergesel deur Ghafoer Luckan, die afrigter vir atletiekprestasie van die Blitsbokke.

Terwyl die Blitsbokke vir die nuwe HSBC SVNS-­seisoen voorberei, was die besoek deel van hul breër poging om hul bande met rugby op voetsoolvlak te versterk en jong ondersteuners te wys dat hulle ‘n plek in die sport het. Die span se boodskap was uiteindelik dat #PoweredbyUnity nie net gaan oor wat op die rugbyveld gebeur nie, maar ook oor hoe mense mekaar in hul skole en gemeenskappe ondersteun.

Leerders in die ry vir Jaden Nell se handtekening. Foto: Chantélle Hartebeest
Leerders in die ry vir Jaden Nell se handtekening. Foto: Chantélle Hartebeest

Nell meen hul boodskap van #PoweredByUnity wat neer kom op ‘aangedryf deur eenheid’ is belangrik – veral omdat Suid-­Afrika met volle ondersteuning staan agter die Blitsbokke en die Springbokke.

“Dis hoekom die Springbokke so suksesvol is, glo ek. Dit is maar die klein bietjie wat ons kan teruggee vir almal wat aan ons glo. Dis ‘n voorreg om hier te wees.”

Help volgende generasie met rugbykennis

Vir Sokoyi is dit belangrik om rugbykennis in die volgende geslag wat op die veld sal uitdraf, terug te ploeg.

“Ons wil altyd teruggee aan die gemeenskap. Dit is die mense wat vir ons skree as ons speel en ons praat altyd van pioneers of greatness. Ek dink as ons sulke klein goedjies kan gebruik om aan die volgende geslag oor te gee, dan is dit definitief wat die woord sê – pioneers of greatness. Ons ander slagspreuk is ‘inspiring hope’. Ek dink vir die kinders is dit ‘n groot ding om die Blitsbokke hier te hê. Ek hoop ons kon vandag baie van hierdie outjies inspireer om ook eendag ‘n Blitsbok te wil word.”

LEES OOK: Blitsbokke maak die Weskus trots

Op die vraag oor hoekom dit vir hom belangrik was om deel van hierdie besoek te wees, het Davids geantwoord: “Ek dink wat dit vir my belangrik gemaak het, is net om te weet party leerders het moeilike omstandighede op skool. En net om vir hulle te wys dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie, jy kan steeds bereik waarop jy jou hart sit.”

Die rugbyspelers het ‘n paar vrae oor hulself beantwoord, gevolg deur vrae van die leer­ders. Die gesprekke is gevolg deur ‘n sewe-minuut-fiksheids­uitdaging waartydens ‘n paar leerders die geleentheid gekry het om die spoed van 7’s-rugby te ervaar terwyl hulle as ‘n span met die Blitsbokke saamge-werk het. ‘n Paar leerders was ook die gelukkige wenners van weggeepryse.

Die besoek was besonder betekenisvol vir die skool, wat die alma mater is van die Springbok en voormalige Blitsbok-vleuel Kurt-Lee Arendse, die voormalige Blitsbok Renfred Dazel asook die ontslape Springbok Tinus Linee.

Blitsbokke dankbaar vir ondersteuning

De Jager op sy beurt het al hul ondersteuners bedank.

“Al verloor ons; al wen ons – ons is net baie dankbaar dat almal ons steun en almal daar is vir ons. En dit beteken regtig baie meer as wat mense dink. Baie, baie dankie.”

Selvyn Davids in aksie saam met een van die leerders. Foto: Chantélle Hartebeest
Selvyn Davids in aksie saam met een van die leerders. Foto: Chantélle Hartebeest

Vir die gr.-9-leerder Tyreece Davids was dit ‘n groot oomblik om die rugbyspelers te ontmoet.

“Om eerlik te wees – ek was eintlik geskok om hulle hier te sien, want hulle speel vir die land en hulle is ‘n voorbeeld vir ons kinders. Hulle stel ‘n voorbeeld. Ek het geleer jy moet altyd vorentoe kyk en kyk na die droom wat jy wil bereik; jy moenie opgee op dít wat jy wil bereik nie.”

Phillip Snyman, die hoof-afrigter van die Springbok-7’s, sê om nasionale spelers te ­ontmoet, kan help om sportdrome vir jongmense binne bereik te laat voel. “Vir ‘n jongmens kan die ontmoeting met iemand wat hul land verteenwoordig, ‘n droom moontlik maak.”

Die besoek was deel van SA Rugby se nuwe #BlitzNation-­veldtog, wat ondersteuners uitdaag om binne sewe minute iets te skep, te voltooi of te ­ver­ander en dit ter onder­steuning van die Blitsbokke te deel. Die veldtog is daarop gemik om die span deur skoolbesoeke, ­gemeenskapsaktiwiteite en ondersteunersuitdagings nader aan sy ondersteuners te bring namate die nuwe seisoen na die HSBC SVNS-Kaapstad op 5 en 6 Desember vanjaar opbou.

LEES OOK: Shilton skitter opnuut

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article