Noorder-Paarl Hoërskool het onlangs aan die Paarl Valley-eisteddfod deelgeneem en puik resultate behaal. Foto: Verskaf

Stigting skenk bome aan Paarlse skool

Noorder-Paarl Hoërskool het onlangs aan die Paarl Valley-eisteddfod deelgeneem en puik resultate behaal. Foto: Verskaf

Die Keagan Gertse-stigting het verlede Woensdag (2 September) bome aan Noorder-Paarl Hoërskool (NP) as deel van internasionale Boomweek geskenk.

Keenon Williams, ‘n onderwyser by die skool, sê die skenking is spesifiek aan die skool se Eco-klub gemaak en vorm deel van die stigting se poging om omgewingsbewustheid onder leerders te bevorder.

Die skool se Eco-klub-koördineerders, ook onderwysers by die skool, Marilynn Solomons en Hanlie Cupido, het die bome namens die skool ontvang.

Williams sê die inisiatief bied aan leerders ’n geleentheid om prakties betrokke te raak by die bewaring van die omgewing.

Volgens hom speel die Eco-klub ‘n rol in die bewusmaking van leerders oor die belangrikheiod van ‘n skoon en volhoubare omgewing.

Die skenking vorm deel van Boomweek, wat jaarliks gebruik word om die belangrikheid van bome en hul rol in die omgewing onder die publiek uit te lig.

Die skool het ook vanaf 17 tot 26 Augustus aan die Paarl Valley-eistedfodd deelgeneem, waartydens leerders deelgeneem het aan die Engelse voordragkompetisie vir hoërskole. NP se leerders het deelgeneem aan aan koorverse, monoloë, dialoë en individuele voordrag.

Hulle het sterk presteer in die groepsafdelings. Ronique Abrahams, ‘n Engels Huistaal-onderwyser by NP en die groep se afrigtiger, sê die gr. 8-groepsvoordrag het goud plus en die gr. 11-groepsvoordrag het goud cum laude verower.

bome
Van links staan Hanlie Cupido, raadslid Keagen Gertse en Marilynn Solomons. Foto: Verskaf

Die matriekseuns het aldus Abrahams goud plus en die gemengde groep het goud cum laude ontvang.

Sy sê Ayavuma Jidana, ‘n gr.10-leerder, het veral uitmuntende prestasies gelewer toe hy 95% en goud cum laude vir sy monoloog behaal het.

Volgens NP het die deelnemende leerders se “toewyding, selfvetroue en uitstekende vertonings vir hul puik uitslae gesorg en die merkwaardige talent ten toon gestel.”

Die skool beskryf dit as “‘n trotse oomblik vir NP.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article