
Lede van die Postmasburg Toutrekklub het onlangs in Mosselbaai aan die Wêreld Toutrekkampioenskappe deelgeneem.
Postmasburg het in twee gewigsafdelings deelgeneem – die 560kg o.23 gemengde afdeling, en die 640kg mans-afdeling.
Die o.23’s het hulself as die vierde beste klubspan in die wêreld bewys. Hulle is deur Valsbaai A van Suid-Afrika geklop, wat eerste geëindig het, gevolg deur Gelderswoude van Nederland in die tweede plek, en Eschbachtal van Duitsland in die derde plek.
Die 640kg mansspan het tiende uit 22 spanne geëindig.
Petrus Ludwick, ook van die Postmasburg Toutrekklub, het sy nasionale kleure in die 680kg mans-afdeling verwerf. Sy span het ‘n bronsmedalje gewen.
LEES OOK: Wêreld se beste toutrekspanne trek saam in Mosselbaai vir kampioenskap





