Nagenoeg 1 200 atlete van 16 lande neem eersdaags aan vanjaar se Toutrek Wêreldkampioenskapsbyeenkoms deel. Dié byeenkoms vind van Woensdag 16 September tot Saterdag 19 September in die Hartenbos-amfiteater by Mosselbaai plaas.
Met toutrekbyeenkomste gaan dit nie net oor krag nie – dit gaan oor spanwerk, dissipline, deursettingsvermoë, strategie en die wil om nie tou op te gooi nie.
Die eerste trekke begin Woensdag om 08:30 wanneer die geleentheid amptelik geopen word.
Donderdag om 08:30 skuif die fokus na die wêreldkampioenskap, waarin nasionale spanne die stryd in verskillende afdelings aanpak om as wêreldkampioen gekroon te word.
Lede van die publiek is welkom om die byeenkoms by te woon waar duisende toeskouers ook saamtrek om hul gunsteling-atlete en -lande aan te moedig.
Spanne van die volgende lande neem deel: Baskeland, China, Duitsland, Italië, Nederland, Skotland, Swede, Chinees-Taipei, België, Engeland, Ierland, Litaue, Pakistan, Suid-Afrika, Switzerland en Zimbabwe.
- Besoek South African Tug-of-War Federation op Facebook vir meer inligting, asook vir die skakel vir regstreekse stroming.
- Organiseerders voorspel dat ‘n ongelooflike atmosfeer by die byeenkoms gaan heers. Toegangsgeld vir die klubkampioenskappe is R30 per peroon, en vir die Wêreldkampioenskappe R50. ‘n Vierdagkaartjie kos R150.
- Kaartjies kan ook op Webtickets aangeskaf word.




You must be logged in to post a comment.