Die Hoërskool Diamantveld van Kimberley en die Hoërskool Witteberg van Bethlehem was op Saterdag 1 Augustus in dié Vrystaatse dorp slaags in laaste wedstryde van vanjaar se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks in rugby, netbal en hokkie.
Diamantveld se eerste rugbyspan het met 56 – 7 gewen, terwyl die ander rugbyspanne van die Diamantstad ook oorheers het.
Die meisieshokkiespanne van Kimberley het egter teen Witteberg in die stof gebyt, met die eerste span wat met 0 – 7 verloor het.
In seunshokkie het Diamantveld se eerste en o.16A-span onderskeidelik met 7 – 4 en 5 – 0 gewen.
Op die netbalbaan het Wittebergse eerste span ‘n sege van 35 – 33 behaal, terwyl die o.15B-, o.19C- en o.14D-span die eer van ‘n sege aan Diamantveld moes afstaan.
Die o.14C-span-eindtelling was gelykop, 9 – 9.






