
‘n Massiewe jakarandaboom op die sypaadjie in Lornastraat, en na-aan die hoek van Swanns-weg in Hadisonpark in Kimberley, is ongeveer twee jaar terug deur weerlig getref.
Hoewel die boom hier en daar uitloopsels het, is hy stadig maar seker besig om om te kantel na die straat se rigting met ‘n groot deel van die boombasis wat van die grond weggevrot het, met mierskade ook sigbaar.
Diรฉ massiewe boom se hoofstam en hoogreikende takke sal met die valslag die hele pad blokkeer en vermoedelik selfs die huis oorkant die pad se heining en dak beskadig.
Sou ‘n mens onder die vallende boom beland, sal dit noodlottig wees. Boonop is die boom na-aan die heining van ‘n dagsorgsentrum.
ALSO READ: Cape Town runner killed by falling tree during Slave Route Challenge
‘n Besorgde inwoner sรช hy word van herwaarts na derwaarts na verskillende afdelings van die Sol Plaatje-munisipaliteit verwys wanneer hy diรฉ dreigende gevaar probeer aanmeld en versoek dat die boom afgesaag word. Ook die wyksraadslid of die brandweer trek skouers op.
“As die boom in die nag val, gaan dit lekker wees. As hy in die dag val, gaan dit dalk iemand doodval,” sรช hy.


LEES OOK: Projek mik na biohoutskool uit indringerbome; herwin van weiding in Hantam






You must be logged in to post a comment.