Hierdie boom is by Kroongas se Welkom-tak omgewaai. FOTO: Juanita Steyn
‘n Verwoestende storm het Welkom en die Goudveld op Dinsdag omstreeks 14:45 getref en bome is omgewaai. Hierdie boom is by Kroongas se Welkom-tak. FOTO: Juanita Steyn

WELKOM – Vreemde weerpatrone kom sedert begin November in die Vrystaat voor. Die nuutste hiervan was op Dinsdag 2 Desember waar ‘n hewige storm omstreeks 14:45 in Welkom en die Goudveld uitgebreek het. Bome is deur stormsterk winde omgewaai terwyl swaar reën vinnig uitgesak het.

Johan van den Berg, landbouweerkundige van Bloemfontein, sê die kortsondige storms wat met erge wind, hael en selfs tornado’s gepaard gaan word hoofsaaklik veroorsaak wanneer warm en koue lugmassa bots.

“Die warm en koue lug het verskillende energie en sodra dit bots veroorsaak dit die uiterste weerspatrone wat die afgelope tyd voorkom,” sê hy. 

Swaar reën en vloede kom voor weens die La Niña-fase wat hierdie tyd van die jaar voorkom. Volgens Van den Berg is die temperatuur in die Indiese oseaan besig om koeler te raak en die La Niña-verskynsel is besig om te draai. Heelwat goeie reën word nog tot middel Januarie voorspel waarna droë toestande tot in Maart sal voorkom. 

Hierdie boom het in Fearie Glen in Pretoria omgeval á die stormweer daar.
Elmarie Jansen het laat weet van hierdie boom wat in hulle straat in Fearie Glen in Pretoria omgeval het ná die stormweer daar.

VrystaatKroon het voorheen berig die vreemde weerpatrone het sedert die begin van November voorgekom. Op Donderdag 6 November is ‘n video gedeel toe ‘n tornado buite Harrismith waargeneem is. Op Vrydag 31 Oktober het ‘n haelbui in die Bethlehem-omgewing uitgesak. Dieselfde aand is Rosendal deur ‘n verwoestende storm getref wat na bewering heel moontlik ‘n tornado kon wees. ‘n Tornado is ook verlede week buite Heilbron op ‘n plaas opgemerk.

Juanita Steyn, eienaar van Kroongas se Welkom-tak, sê tydens die storm wat op Dinsdag 2 Desember, in Welkom gewoed het, het bome by dié sakeonderneming omgewaai. Die elektriese heining en mure is ook beskadig.

Hendrik Knobel, Vrystaat Landbou se verteenwoordiger van die Bethlehem-distrik, sê die Bethlehem-omgewing het die laaste paar dae net sagte indringende reën gehad. Hy het wel verneem dat boere in die Petrus Steyn-omgewing swaar reën ervaar het.

Dinsdag 2 Desember omstreeks 14:45 was daar ‘n hewige storm in Welkom en die Goudveld. Swaar reën met sterk wind het bome laat omwaai. Die video is by Kroongas se Welkom-tak geneem tydens die storm. VIDEO: Juanita Steyn
Weezel Otto het hierdie foto gedeel van die storm Dinsdag in Hennenmen.
Weezel Otto het hierdie foto gedeel van die storm Dinsdag in Hennenmen.
Karin du Plessis van Harmony in Virginia het skade aan haar voertuig ná die hael wat daar geval het op 1 Desember.
Karin du Plessis van Harmony in Virginia het skade aan haar voertuig ná die hael wat daar geval het op 1 Desember.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article