Jayden de Vos
Jayden de Vos, o.19-skrumskakel van AJ Fereirra, duik oor die doellyn. FOTO: Nick Pretorius

ZF Mcgawu-rugbyliga vir hoërskole
Die ZF Mgcawu-hoërskole-rugbyliga vir o.16- en o.19-spanne is tans in volle swang. Hoërskool Keimoes was Saterdag 16 Mei een van vier spanne wat hul ligaseisoen op ‘n hoë noot begin het. Hulle het die o.19-span van die Hoërskool Carlton van Heerden van Upington behoorlik ore aangesit met ‘n klinkende sege van 29-14. By die Keimoes-wenspan is die skoolhoof, David Pretorius (regs voor). Op dié dag het spanne van die Saul Damon en AJ Fereirra ook deelgeneem. FOTO: Nick Pretorius
Die o.19-span van die Hoërskool AJ Ferreira van Upington was Saterdag uitbundig en tevrede ná hul oorwinning van 48-10 oor die o.19-span van Carlton van Heerden by die Eiland-stadion. Afrigter Heinrich Raats het agterna sy groot tevredenheid uitgespreek het. “Alles is nog nie 100% wat ek graag van my span verwag nie, maar ek is baie tevrede met my laaities se vertoning”, sê hy. FOTO: Nick Pretorius

LEES OOK: Twee jong Noord-Kapenaars verwerf goud vir verder en flinker op SA’s

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article