Kalahari Wipstert
Kalahari-wipstert (Kalahari shrub robin). Foto: Leon Venter

FOTO | Bespied omgewing vanaf ‘gogga-kunswerk’


Kalahari Wipstert
Met die goeie buie reën wat vroeër vanjaar in die Kimberley-omgewing uitgesak het, het baie water na ‘n klipgroef aan die buitewyke van die stad gevloei. “Dié dammetjie wat gevorm het, lok heelwat watervoëls. Met een van my onlangse besoeke aan die watergat het hierdie Kalahari-wipstert (Kalahari shrub robin) skielik sy opwagting gemaak en baie na aan my op ‘n tak kom sit. Tekens van die vorige wintertyd se brande in die Noord-Kaap is duidelik sigbaar, maar afgesien van die mooi wipstert, maak die ‘paadjies’ op hierdie tak wat deur goggas gevreet is die foto vir my net nog meer besonders,” vertel Leon Venter, ‘n inwoner van Kimberley, wat ook die foto geneem het.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article