
Die Elizabeth Conradie-skool (Elcon) in Kimberley het amptelik tot Sweetheart Foundation se projek toegetree waarmee plastiekdoppies ingesamel word, asook die knippies wat gewoonlik gebruik word om broodsakkies toe te hou.
Diรฉ herwinbare plastiek word sorteer, aan geรฏdentifiseerde herwinningsmaatskappye verskaf, en in ander plastiekprodukte verwerk.
Vir ‘n spesifieke hoeveelheid wat ontvang is, finansier diรฉ maatskappye rolstoele wat aan mense op ‘n waglys geskenk word.
Op 21 Augustus is die eerste doppies en knippies in Elcon se hart gegooi. “Elke doppie wat ingesamel word, vorm deel van ‘n groter projek om ‘n verskil in ons gemeenskap en omgewing te maak,” sรช Maritza Janse van Rensburg, departementshoof vir die grondslagfase.
Sy sรช talle gemeenskapslede en ander skole is by die insameling betrokke, en die skool is dankbaar vir die goeie samewerking.
Enigeen kan doppies en knippies na Elcon bring om die hart weer en weer te help vul.
Vir meer inligting, besoek sweetheartsfoundation.org.
LEES OOK: Sweethearts need your tops and tags





You must be logged in to post a comment.