
Rugbygeesdriftiges en ondersteuners van die Suzuki Griekwas kan naderstaan om op Sondag 6 September die Poubloues in aksie op hul tuisveld in die Suzuki-stadion in Kimberley te sien.
Griekwas, die verdedigende kampioene in die Curriebeker-reeks en bo-aan die ranglys, ontvang dan die Leeus vir vanjaar se eerste halfeindstryd. Die Poubloues het verlede naweek in Wellington die Bolanders se kans om aan die half-eindstryd deel te neem met ‘n oortuigende sege van 48 – 17 uitgewis.
In die ander halfeindstryd Sondag sal die Cheetahs, wat tweede op die ranglys is, die Pumas, wat derde is, om 15:30 in Bloemfontein verwelkom.
Die wedstryd in Kimberley begin om 13:00.
Koop kaartjies op ticketpro.co.za, by enige Pick n Pay- of Spar-kioskpunt, of by die Suzuki-stadion.
Bogenoemde verkooppunte is die enigste kaartjieverkooppunte wat deur Suzuki Griekwas gebruik word. Ondersteuners wat aanlyn kaartjies koop, word aangeraai om herverkopers wat veel duurder kaartjies adverteer te vermy.





You must be logged in to post a comment.