KIMBERLEY – ‘n Geliefde groen ringnekpapegaai is vanoggend uit sy hok verwyder en sy eienaars is raadop én rasend van bekommernis oor waar Polly homself mag bevind.
Dié groen ringnekmannetjie is al meer as nege jaar deel van Johan en Christina Scheepers van Queensweg in Hillcrest, Kimberley, se huishouding.

Christina vertel dat Polly Dinsdagoggend 27 Oktober, soos gewoonlik, buite in sy hok was toe hulle werk toe gery het. Toe sy kort voor 10:00 gou terug huis toe is, het sy opgemerk dat Polly se hok leeg is.
Op die sekuriteitskamera se beeldmateriaal kan gesien word hoe ‘n manspersoon op hul erf na Polly se hok stap, hom uithaal, en in sy rugsak toerits – dit terwyl Polly vreeslik geskree het. Dié voorval het kort ná 08:00 gebeur, volgens die beeldmateriaal.
Die Scheeperse versoek enige persoon wat dalk weet waar Polly is, of enige persoon aan wie ‘n groen ringnekmannetjie met ‘n duidelike swart ring om sy nek te koop aangebied word, hulle onverwyld te kontak.
Bel vir Johan by 083 320 8699.

LEES OOK: Plakkate gaan opgerig word om loslating van konyne te stop






You must be logged in to post a comment.