Die gewilde De Oude Kraal WildsKOSfees vind vanjaar op 6 Junie plaas,
Die gewilde De Oude Kraal WildsKOSfees vind vanjaar op 6 Junie plaas. Kaartjies is reeds beskikbaar. FOTO: Meyer en Rene Photography

De Oude Kraal WildsKOSfees maak van elkeen ‘n fynproewer

Die gewilde De Oude Kraal WildsKOSfees vind vanjaar op 6 Junie plaas,
Die gewilde De Oude Kraal WildsKOSfees vind vanjaar op 6 Junie plaas. Kaartjies is reeds beskikbaar. FOTO: Meyer en Rene Photography

Eersdaags, op Saterdag 6 Junie, is dit tyd vir een van die gewildste feeste in die Vrystaat โ€“ De Oude Kraal se WildsKOSfees.

Vanjaar gaan daar ‘n eerste keer ‘n buffel op die spit gebraai word โ€“ verwag dus die onverwagse op vanjaar se WildsKOSfees buite Bloemfontein, met 20 verskillende kosstalletjies wat altesaam 120 uitsonderlike geregte gaan aanbied.

Benewens die buffel-spit kan feesgangers by 12 verskillende wildsvleis-stalletjies proe hoe lekker Marie Lombard van De Oude Kraal wild kรกn voorberei.

Gaste op verlede jaar se De Oude Kraal WildsKOSfees. FOTO: Meyer en Rene Photography

By elke stalletjie kan ses verskillende geregte geproe word. Die spesialiteitstalletjies bied onder meer geregte met vark-, bees-, lam- en hoendervleis, asook vis, skaapkoppe en ‘n wye verskeidenheid groente, brode en slaaie.

Feesgangers sal kan proe aan 120 verskillende wyne van 20 bekende en gewilde wynlandgoedere โ€“ elke kelder bring ses wynvariรซteite saam, en van die wynmakers kom saam kuier. Wyn is op die fees te koop.

LEES OOK: Marie se vlakvarkpastei tuis in jou kombuis

By die nageregstalletjie wag ‘n fees van soete verleiding.

Benewens eet en drink, kan gaste aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deelneem. Dit sluit in gholf en skiet, bokdrol-spoeg, wildsritte en pret vir die kinders.

Die gaskunstenaar op vanjaar se fees is die gewilde Afrikaanse sanger Jay. Plaaslike kunstenaars sal bydra tot die heerlike kuier-atmosfeer van die WildsKOSfees.

  • Kaartjies kos R695 en is beskikbaar op die webwerf deoudekraal.com, of skakel 071 679 6596.
  • Skaf ook kaartjies aan by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy amd Co in Prellerplein en by Delta Express in Westdene, Bloemfontein.
  • Gaste kan van 11:00 af aan die feesmaal begin weglรช.
Gerhard Lombard berei vleis voor.
Gerhard Lombard berei vleis voor. FOTO: Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article