Mnr. en Mej. Diamantveld-finaliste woeker om oud en jonk te help

Mnr en Mej Diamantveld-finaliste
By die Mnr. en Mej. Diamantveld-finaliste, Jordan-Leigh Jacobs en Evert Marais, is Raedun Malherbe (voorsitter van die ACVV-bestuur) wat die tjek in ontvangs neem. FOTO: Verskaf

Twee finaliste van vanjaar se Mnr. en Mej. Diamantveld-kompetisie het verlede week R30 000 aan die ACVV Ons Huis, ‘n ouetehuis vir bejaardes, geskenk.

Evert Marais en Jordan-Leigh Jacobs, albei in matriek aan die Hoรซrskool Diamantveld in Kimberley, het die geldinsameling vir diรฉ ouetehuis as een van hul gemeenskapsprojekte bedryf en het die geld op Vrydag 15 Mei aan Ons Huis oorhandig. Dringende herstelwerk is aan Ons Huis se dak nodig.

Om geld in te samel het Evert en Jordan-Leigh met talle individue en ondernemings kontak gemaak om pryse te borg. Hulle het twee springbokke, ‘n slagskaap en ‘n lamkarkas as pryse ontvang. Dit is deur middel van lootjieverkope opgeveil.

By die oorhandiging is van links dr. Johan Deetlefs (bestuurslid), Evert Marais, Jordan-Leigh Jacobs, Raedun Malherbe (voorsitter ACVV bestuur), Irma van As (hoof uitvoerende beampte – Ons Huis) en Annatjie Grobler (bestuurslid). FOTO: Verskaf

Die twee het ook met die Diamond Pavilion-winkelsentrum gerรซel om daar vir ‘n dag lank lootjies te verkoop. Intussen is die wenners se name bekend, en hulle sal gekontak word.

Hulle het ook verskeie ondernemings vir bykomende borgskappe genader om by R30 000 uit te kom, en bedank die hoofborge vir hul bydraes: Jacques Kriek van Mattanu Wildsplaas, Hendri Lombaard van SolarGiant, Hannelie Klopper van First Technology, Freek Schoeman van Risen Advisory, Willie Steenkamp vir die borg van twee springbokke, Gerrie Evert vir die borg van ‘n slagskaap, en Simon du Plessis vir die borg van ‘n lamkarkas.

LEES OOK: โ€˜Goue Ouesโ€™ wys vernuf met flink dink en doen tydens jaarlikse kampioenskap

Hierdie geldinsamelingsprojek was een van Evert en Jordan-Leigh se hoofprojekte. Hulle was ook by die Bophelo-kinder-en-jeugsorgsentrum betrokke waar hulle klere en ander skenkings oorhandig het. ‘n Muur is ook oorgeverf en verfraai.

Vanjaar se Mnr. en Mej. Diamantveld word op 6 Augustus aangekondig.

Jordan-Leigh Jacobs en Evert Marais by die muur van die Bophelo-kinder-en-jeugsorgsentrum wat hulle geverf en verfraai het. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article