Cape Town Chamber Choir
Die Kaapstadse Kamerkoor is deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees.

Woord en lied word een by Toyota Stellenbosch Woordfees


Kaapstadse Kamerkoor
Met Woord & Lied, ‘n keurspel van Afrikaanse a cappella koormusiek en digvoorlesings deur Frieda van den Heever, word as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees deur die Kaapstadse Kamerkoor aangebied. Kom luister na geliefde klassieke werke deur onder andere H. Pieter van der Westhuizen, Péter Louis van Dijk en Niel van der Watt asook splinternuwe toonsettings. “Spelend in Tuine”, ‘n toonsetting van een van Ina Rousseau se kwatryne deur Hans Huyssen, vorm ‘n prikkelende middelpunt van die program. Die Kaapstadse Kamerkoor is sedert 2009 deel van die ryk Kaapse koorkultuur en is tans onder leiding van Antoinette Huyssen. Die produksie word op Vrydag 9 Oktober om 18:30 in die Fismer-saal in Victoriastraat, Stellenbosch, aangebied. Kaartjiepryse beloop van R195 tot R250 aanlyn deur Quicket, of R225 tot R280 by die deur.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article