Toyota Stellenbosch Woordfees: Kom lag saam met Ouma by die Endler

Margit Meyer-Rodenbeck
Margit Meyer-Rodenbeck op die verhoog in Ouma en die ou koeie. Foto: Hans van der Veen

Toyota Stellenbosch Woordfees: Kom lag saam met Ouma by die Endler


Margit Meyer-Rodenbeck
Ouma en die ou koeie met Margit Meyer-Rodenbeck en Coenraad Rall (klavier), met die teks en regie deur Jurg Human, gaan op Woensdag 4 en Vrydag 9 Oktober die gehoor by die Endler-saal laat skaterlag. Namate ‘n mens ouer word, is die meeste mense geneig om (vir gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet – en dis gewoonlik die goed wat ons nie wil onthou nie. Dit wat ons wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ‘n Halwe waarheid in die 50’s word ‘n voldonge feit 50 jaar later. ‘n Wolhaarstorie word ge-blowdry tot ‘n manjifieke beehive, en ‘n besope one-night stand verander jare later in ‘n pragtige kortstondige romanse. Maar daar skort nog niks met Ouma se geheue nie… En sy onthou nie net haar eie stories nie, maar ook dié van die vromes onder ons, wie se ou koeie hulle baie eerder diep in die sloot sou wou los. Wat Ouma wel vergeet het, is hoe om doekies om te draai. Ouma en die ou koeie is ‘n komedie-kabaret wat jou een oomblik sal laat skaterlag en die volgende saggies na jou asem laat snak, want jy kan jouself dalk net herken. Die produksie is Woensdag om 13:00 en Vrydag om 20:30 op die planke. Bespreek jou plek aanlyn deur Quicket. Foto: B-You Photography
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article