NorthSouth Duo
Die NorthSouth Duo, trekklavierspeler Kaat Vanhaverbeke en saksofoonspeler Josie McClure, is Vrydag 18 September op die verhoog van die Endler-saal te sien.

Unieke musiekduo bring Noord en Suid op Endler-verhoog saam

NorthSouth Duo
Die NorthSouth Duo, trekklavierspeler Kaat Vanhaverbeke en saksofoonspeler Josie McClure, is Vrydag 18 September op die verhoog van die Endler-saal te sien.

Twee musikante. Twee kontinente. Een vraag: Wat is ‘n tuiste?

In To Moer and Gone ondersoek die NorthSouth Duo wat dit beteken om tuis te voel. Is dit ons plek van herkoms, of ‘n plek waar ons op ons gemak voel? Is dit die mense met wie ons onsself omring, of ‘n kombinasie van als?

Die saksofoonspeler Josie ­McClure, wat in Suid-Afrika grootgeword het, en die trekklavierspeler Kaat Vanhaverbeke, wat van ‘n klein Belgiese dorpie kom, het die NorthSouth Duo in Nederland gestig.

Nadat hulle ‘n kreatiewe vennootskap ontdek het, wat op gedeelde nuuskierig­heid en vriendskap gegrond was, moes die twee lede weens visuminperkings hul eie paaie volg.

Vandag werk hulle oor grense heen om musiek te skep, wat mense verenig, deur middel van samewerking met jong komponiste van reg oor die wêreld.

Die duo is op Vrydag 18  September om 19:00 op die verhoog van die Endler-saal in To Moer and Gone. Die program sluit nuwe werke van Suid-Afrikaanse, Amerikaanse en Angolese komponiste in, sowel as klassieke stukke soos die beroemde volksdanse van Béla Bartók.

Die aand se gaskunstenaars is Bronwen Clacherty (uhadi), Mariechen Meyer (kontrabas), Dylan Tabisher (perkussie) en Sarah Uheida (digter).

Kaartjiepryse vanaf R50 tot R170; US-studente kan gratis aanlyn bespreek. Besoek Webtickets vir kaartjies.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article