Sydney Maree by 16de Dagbreek-straatmyl as atletiek-legende vereer

Sydney Maree
Die atletiek-legende Sydney Maree word vanjaar tydens die Dagbreek-straatmyl vereer. Foto: Facebook

Sydney Maree by 16de Dagbreek-straatmyl as atletiek-legende vereer

Sydney Maree
Die atletiek-legende Sydney Maree word vanjaar tydens die Dagbreek-straatmyl vereer. Foto: Facebook

Die voormalige wêreldrekordhouer en atleet Sydney Maree word in Oktober tydens die 16de Dagbreek-straatmyl in Stellenbosch as myl-legende vereer.

Maree het op 28 Augustus 1983 in Keulen, Duitsland 3:31.24 gehardloop om ‘n nuwe wêreld­rekord in die 1 500-m-wedloop op te stel.

Met dié tyd het hy Steve Ovett se wêreldrekord verbeter.In 1985 het Maree die 3.30-tydsgrens in die 1 500 m in 3:29.77 gebreek. Dit was vir 20 jaar die Amerikaanse 1 500-m-rekord.

In 1981 het hy die eerste 5th-Avenue-straatmyl in New York in 3:47.52 verbeter. Die rekord het vir 43 jaar gestaan en is eers in 2024 deur Josh Kerr tot 3:44.3 verbeter. Kerr het op Saterdag 18 Julie in Londen ‘n nuwe wêreldrekord in die myl opgestel (3:42.66).

LEES OOK: Twaalfde Dagbreek Straatmyl spog weer met groot name

Dagbreek-straatmyl
Atlete tydens ‘n vorige weergawe van die gewilde Dagbreek-straatmyl in Stellenbosch. Foto: Francois Lombard/argief

Ander legendes vereer

Die gewildheid van die myl is onderstreep deur die feit dat die 1 500 m tydens die onlangse Statebondspele in Glasgow, Skotland, deur die myl vervang is. Kerr was die wenner.

Die Dagbreek-straatmyl ontdek nie net nuwe talent nie, maar erken myl-legendes van weleer en stel hulle aan ‘n nuwe generasie voor.

Atlete wat oor die jare heen vereer is, sluit in De Villiers Lamprecht, Danie Malan, Zola Budd-Pieterse en Johan Fourie, en vanjaar is dit Maree se beurt.

Hy het sy eerste droommyl as skoolkind in 1987 in 3:57.9 gewen. Sy beste myltyd van 3:48.83 is in 1981 opgestel en hy is steeds die enigste gebore Suid-Afrikaner wat die myl onder 3:50 kon hardloop.

Maree het aan die 1988- Olim­piese Spele in Seoul deelgeneem en is ook vir die 1984-spele in Los Angeles gekies, maar ‘n besering het sy deelname gekelder.

Deel van fees

In 1981 was Maree die eerste swart atleet om as Suid-Afrika se Atleet van die Jaar aangewys te word en hy het in 2003 die Orde van Ikhamga (silwer) vir sy buitengewone bydrae tot atletiek ontvang.

Die Dagbreek-straatmyl, wat deel is van die Toyota Stellenbosch Woordfees, word op Woensdag 7 Oktober om 16:30 in Victoriastraat aangebied met sewe wedlope in 17 afdelings.

Musiek en vermaak word vir toeskouers aangebied.

Kontak Francois by 083 368 5948 vir navrae of om in te skryf.

LEES OOK: FOTO’S || Dagbreek-straatmyl weer ’n reusesukses

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article