Gesondheid- Tok-Tokkie vra: ‘Luister na brein, nie hormone nie’

Marthie Hauptfleisch
Marthie Hauptfleisch

Gesondheid- Tok-Tokkie vra: ‘Luister na brein, nie hormone nie’


Waar Tok-Tokkie van ouds bewusmaking oor kanker aangespoor het, hoop die Stellenbosser Marthie Nel Hauptfleisch haar Gesondheid- Tok-Tokkie sal tieners twee keer laat dink.

“Hey Brain!” is die eerste snit van Hauptfleisch se Gesondheid- Tok-Tokkie, ‘n opvoedkundige musiek-inisiatief deur dié verpleegster, liedjieskrywer, entrepreneur en navorser.

Die snit sal op Dinsdag 17 September in Idasvallei by Stellsorg bekendgestel word. By die ­geleentheid sal Stellsorg ook nuttige inligting gedeel.

LEES OOK: e’Bosch Fest goes pro

Marthie Hauptfleisch
Heidi de Jager, Mabré Wenn, Marthie Hauptfleisch en Bettie Niewoudt van Stellsorg.

Leemtes in kennis

Hauptfleisch het vir haar meestersgraad navorsing oor seksuele gesondheid van adolessente in die groter Stellenbosch gedoen.

Sy het deur haar ­navorsing gevind baie jongmense is bewus van seksuele gesondheid, maar sy glo daar is steeds leemtes van belangrike inligting in hul kennis.

Haar hoop is dat haar musiek jongmense sal aanspoor om met hul brein te dink liewer as om hul hormone die besluit te laat neem.

“Ek probeer nie vir jongmense preek nie,” sê Hauptfleisch. “Ek probeer ‘n oorwurm skep wat lank nadat die musiek ophou, in jou kop bly.”

Die koorgedeelte van “Hey Brain” lui: “Hey Brain… Are you thinking? Are you thinking with your brain, or are you thinking with your hormones?”

Die musiek is deel van die Seven Doors-ekostelsel waar musiek as ‘n praktiese leerwyse gebruik word om gesondheid sowel as gemeenskapsontwikkeling te bevorder.

  • Luister na die Gesondheid-Tok-Tokkie op Spotify.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article