Stellenbosch-burgemeester Jeremy Fasser. Foto: CL munisipaliteit
Stellenbosch se uitvoerende burgemeester, Jeremy Fasser, lê op Woensdag 27 Mei die begroting vir 2026-’27 ter tafel. Foto: Stellenbosch-munisipaliteit

Stellenbosch-munisipaliteit se grootste begroting nog

Stellenbosch-burgemeester Jeremy Fasser. Foto: CL munisipaliteit
Stellenbosch se uitvoerende burgemeester, Jeremy Fasser, lê op Woensdag 27 Mei die begroting vir 2026-’27 ter tafel. Foto: Stellenbosch-munisipaliteit

Die Stellenbosch-munisipaliteit spog vanjaar met sy grootste begroting nog en volgens die burgemeester, Jeremy Fasser, sal die meer as R3 miljard-begroting onder meer aan infrastruktuur-belegging, plaaslike ekonomiese ontwikkeling en veiligheid bestee word.

Fasser het verlede Woensdag (27 Mei) die begroting vir 2026-’27 ter tafel gelê.

Die ANC-raadslid Nombulelo Ntsunguzi het gesê planne en mooipraatjies is een ding, maar om diensleweiring vir die hele Stellenbosch te bied, is ‘n ander.

LEES OOK: Billions budgeted for Stellenbosch

“Hierdie begroting is een van hoop – wat maatskaplike ontwikkeling prioritiseer, gemeenskappe versterk en gemeenskapsveiligheid bevorder,” het Fasser gesê. Die bedryfsbegroting is 84% van die totale begroting en sal grootliks aan dienslewering bestee word.

Begroting ‘doen nie genoeg’

Die R579 miljoen (16%) wat vir die kapitaalbegroting toegewys is, sal vir die opknapping van paaie, die elektrisiteitsnetwerk en dienste gaan.

Fasser sê belegging in gebiede wat ‘n groot ekonomiese en maatskaplike impak kan hê word deur die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en ruimtelike ontwikkelingsraamwerk bepaal.

Dit beteken glo meer bekostigbare behuising, minder afhanklikheid van Eskom en om entrepreneurs met klein ondernemings en opkomende boere te help.

Oor die volgende drie jaar sal R243,2 miljoen aan water bestee word, R485,2 miljoen aan elektrisiteit en energie-projekte, R325,3 miljoen aan pad-infrastruktuur en mobiliteit, R111,2 miljoen aan menslike nedersetting, en R80,3 miljoen aan wetstoepassing, sekuriteit en brandweerdienste.

LEES OOK: Stellenbosch se verkeer bly ‘n groot kopseer – padopgraderings kom

“Gemeenskappe verwag nie net finansiële nakoming en gebalanseerde syfers op papier nie, maar hulle wil ook werklike ekonomiese geleenthede, werkskeppingsinisiatiewe en vaardigheidsontwikkeling hê om hulself te onderhou,” het raadslid Marius van Stade (Good) oor die begroting gesê. Van Stade meen die begroting doen nie genoeg om Jan Alleman te help om werk te kry nie.

Tog het Fasser op sy beurt die munisipaliteit se verbintenis tot werkskepping, in die vorm van R100 miljoen oor die volgende drie jaar vir die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (UOPP), uitgewys as ‘n manier vir die munisipaliteit om werkloosheid aan te pak. Danksy die Grant-in-Aid sal plaaslike organisasies R4,4 miljoen ontvang vir alles van ­jeugontwikkeling tot werk met haweloses.

Talle geskiet

Raadslid Wilfred Pietersen van die PDM het gesê sy party ondersteun die begroting, maar meer moet gedoen word om na die middelklas-inwoners te kyk en pensiontrekkers wat gebuk gaan onder finansiële druk en slegs hul staatstoelae het om te oorleef.

“Die PDM doen ‘n beroep op die burgemeester om juis nou, wanneer die publiek gebuk gaan onder geweld en veral die baie lewens wat binne 14 dae in Stellenbosch geneem is, in te gryp,” het Pietersen gesê. Sy kommentaar het verwys onder meer na die verskeie noodlottige skietvoorvalle wat binne een naweek in Maart in Khayamandi plaasgevind het. Agt mense is dood.

LEES OOK: Police probe seven murders in five separate Kayamandi shootings

Pietersen meen benewens inwoners wat nie kan byhou met munisipale tariewe nie, sukkel die klein ondernemings ook.

John Andrews van die PA het uitgevaar teen die begroting en aangevoer niks word gedoen om uitgesette plaaswerkers te help nie. Hy is Woensdag vir die eerste keer deur sy nuwe partylid Elsabe Vermeulen (Wyk 16), bygestaan.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article