Marthie Hauptfleisch
Marthie Hauptfleisch

Huiskonserte vermaak én ondersteun voedingsprogram


Die Stellenbosser Marthie Nel Hauptfleisch bied in Oktober ‘n reeks intieme huiskonserte aan waar sy oorspronklike liedjies en die stories agter die musiek sal deel.

Hauptfleisch se liedjie “Ek wens ek was die wyn in jou glas” kan gereeld op nasionale radio gehoor word.

Met stem en klavier sal Hauptfleisch tussen Saterdag 3 en Sondag 11 Oktober optree ter ondersteuning van die Stellenbosch-voedingsaksie met wie sy ‘n jare lange verhouding het.

“Liesel Koen en die organisasie het my jare gelede geïnspireer om ‘Gee my brood’ te skryf, met die gedagte dat die kind wat ons vandag voed môre ‘n dokter, ingenieur of selfs president kan wees. Daarna het ander liedjies uit dié verhouding en denke gegroei, onder meer ‘Sielskos’ en ‘My sukses het ‘n adres’,” vertel sy.

Deur die musiek hoop Hauptfleisch om die werk van die organisasie uit te lig.

Besoek Quicket vir kaartjies.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article