Foto | Black Pumas net-net aan die verloorkant by Cloetesville-toernooi

netball stock image
Die A-span van die Black Pumas-netbalklub het aan ‘n toernooi van die Cloetesville-sportraad deelgeneem. Foto: Luke Madziwa/Unsplash

Black Pumas-netbalklub
Die A-span van die Black Pumas-netbalklub (foto) het voorverlede Saterdag (5 September) as naaswenners uit die eindstryd van die Lentedag-netbaluitdaging van die Cloetesville-sportraad getree. Die span het in die taai eindstryd teen ‘n vasberade Tigers-span te staan gekom en teen die einde van die wedstryd met 15-11 die knie gebuig. Die toernooi is op die Cloetesville-sportterrein gespeel. Die seuns en meisies van die Black Pumas-klub berei tans voor vir ‘n toernooi in Kleinmond volgende naweek, vanaf Vrydag 25 September. Die bestuur is steeds op soek na borge om die koste vir die geleentheid te help dek. Kontak Vernon by 062 911 8072 of Carlene by 084 995 0263 om die spanne te ondersteun.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article