Pa Enrico en seun Junaid Plaatjies herstel ná operasies; albei ly aan osteogenesis imperfecta.
Enrico en sy seun Junaid Plaatjies het albei ná ‘n motorboting operasies ondergaan. Beide ly aan osteogenesis imperfecta, wat hul bene bros maak.

Strandse pa, seun vra hulp ná ernstige motorongeluk

Pa Enrico en seun Junaid Plaatjies herstel ná operasies; albei ly aan osteogenesis imperfecta.
Enrico en sy seun Junaid Plaatjies het albei ná ‘n motorboting operasies ondergaan. Beide ly aan osteogenesis imperfecta, wat hul bene bros maak.

Die Strandse pa en seun, wat albei brose bene het, het verlede maand ‘n motorongeluk oorleef, maar nou staar hulle teen die koste om vir hul te sorg te betaal en vra nou die gemeenskap om in te spring en hul finansieël tehelp.

Toufeeka Beukes se seun Junaid (20) en sy pa, Enrico Plaatjies (44), was Saterdag 13 Junie op die hoek van Elfdestraat en Broadlandspad in ‘n botsing (“Pa en seun beseer“, DistriksPos & Helderberg Gazette, 17 Junie).

Botsingstoneel op die hoek van Elfdestraat en Broadlandspad in Strand waar pa en seun beseer is.
Die toneel op die hoek van Elfdestraat en Broadlandspad in Strand waar Junaid en Enrico Plaatjies ernstig beseer is.

Albei ly aan osteogenesis imperfecta (OI), ‘n genetiese afwyking wat veroorsaak dat bene maklik breek.

Toe ‘n swart Mitsubishi teen hul blou Volkswagen Citi Golf gebots het, het Enrico sy tong amper afgebyt en veelvuldige frakture opgedoen, insluitend twee in sy skedel, nekwerwels, al sy ribbes, sy pelvis, albei bene en sy kaak. Junaid het sy regterheup ontwrig en sy linkerarm gebreek.

Hulle is summier na die Tygerberg-hospitaal vir noodsaaklike mediese behandeling vervoer. “Enrico het verlede week ‘n operasie ondergaan en Junaid het Maandag (22 Junie) ook vir een gegaan,” verduidelik Beukes.

Sy weet dit is net die begin weens hul OI en kyk nou uit na wat volg.

Die herstelproses vereis voortdurende sorg van haar, waarvoor sy gereed is. Dit is die finansiële vereiste wat haar bekommer, aangesien Beukes tans werkloos is.

Dit is waarom sy ‘n BackaBuddy-veldtog van stapel gestuur het en nou ‘n beroep op die gemeenskap doen om te help.

.  Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, bel Beukes by 073 442 4715 bel of besoek gerus die BackaBuddy-veldtog, “Plaatjies Campaign“, aanlyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article